My EMOTIONAL Story

Story continues..

Name: Henk Vosloo
Location: Pochefstroom
Date: 2009-12-12 16:45:37

Henk Vosloo's Story:

Ja, dis met heimwee wat ek terugdink aan Junie 1988 aan ons groot verlies met die Mig strike by Calueqe noord van Ruacana waar ek 8 van my troepe(oa die pl bev en pl sers) verloor het. Die wat dit sal onthou, dit was 'n peloton van 8 SAI Upington wat saam met 'n pantserkar troep daar patrollie gedoen het, toe die kubane ons gebombardeer het en ons die gevoelige verliese toegedien het.  My hart gaan uit na die familie van die gesneuweldes wat na 21 jaar seker nog met berou en heimwee verlang na hulle geliefdes.  Die ergste vir my was om die begrafnisse van die troepe by te woon en die hartseer en verdriet van hulle geliefdes te moes aanskou en meemaak.  As jy nie daar was nie sal jy dit nie verstaan nie. Ek huil nou nog as ek met vriende daaroor praat. Dit vat aan enige man se hart.  Daar het ek geleer dat die gesegde wat se "Cowboys don't cry" totaal onwaar is, "in fact" good soldiers do cry !!! Groete aan die wat my nog mag onthou.  Ek was destyds 'n kaptein en die bevelvoerder van die kompanie.


Go BACK to stories