My EMOTIONAL Story

Story continues..

Name: Sagrys du Plessis
Location: Tzaneen
Date: 2009-05-18 11:26:04

Sagrys du Plessis's Story:

Wie van ons wat in Owambo land was weet nie hoe klink die woorde van ons Nationale Volkslied  nie. Waar dit eindig met die woorde: Ons sal lewe,, ons sal sterwe,, ons vir jou Suid Afrika. Maak nie saak of jou die koels hoor fluit het rond om jou nie, of die dooie makker wat jy moes help op laai nie, met trane wat oor jou wange loop want hy was jou buddy Jou Buddy man, die een wat geweet het van al persoonlike dinge. Die dinge bring weer vandag hier waar ek sit en skryf trane in my oe. Maar ons het gesing ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika. Ek glo ek sal vandag as alles weer oor moes doen, weer die wapen op neem en my lewe op die spel plaas vir die mense wat daai tyd saam met my daar was om dit te doen, maar vandag glo ek min sal die guds he daarvoor he waar voor ons daardie tyd die guds gehad het.

Genrl Constand Viljoen, Genl Geldenhuis en Mnr Magnus Malan, ek het die geleentheid gehad om eendag julle hande te kon skud en dit was n hengse vooreg gewees.

Ek sal julle altyd met die nodige respek behandel en oor julle praat.  

 


Go BACK to stories