My Story
Story continues..
Name: Ben Cilliers
Location: Secunda
Date: 2010-02-02 14:31:50
Ben Cilliers's Story:
Ek moet saamstem met Len Coetzee, wat n sinnelose oorlog was dit nie gewees nie! ...maar nou ja, water onder die brug en ons moet bly wees ons is hier om daaroor te praat...
Julie '80 inname 5SAI Ladysmith - ons het lekker gevrek van die koue in die tente (binnekante was in die oggende wit van die ys) - bietjie meer as n jaar later is ons grens toe, die eerste 6 maande in n basis op die grens van sektor 10 en sektor 20 gebly en tydens die tydperk neem ons deel aan ops Protea (Aug/Sep '81) na 2 weke se opleiding by Osivelo...sal nooit vergeet hoe flenters ons die dorpie Ongiva geskiet het nie!
Tot en met Junie '82 bly ons in n basis genaamd concor naby Ruacana.
Doen een grenskamp in Kaokoland (Feb/Maart/April '84) ...die laaste maand le ons langs die Kunene by Epupa valle waar ek malaria opdoen 10 dae voor ons uitklaar ...toe my maatjies huistoe vlieg, is ek in Oshakati hospitaal ingeboek.
Ek was ongeveer 4 jaar in die weermag as ek die kampe saamtel ...ten spyte van die moeilike tye, dink ek tog vandag se jeug mis iets baie waardevol!
Go BACK to stories