My Story

Story continues..

Name: Hugo Slabber
Location: Kwazulu-Natal
Date: 2009-12-10 09:47:06

Hugo Slabber's Story:

Ek het my opleiding as stormpionier by 6SAI in 1982 begin. Daarna het ons verdere opleiding ontvang by Oshivello. Ek het diens gedoen in sektor 10 en 20 en die grootste gedeelte van die tyd  het ek afgedeelte diens gedoen by 31 Bataljon. Ons opdrag was om inligting in te samel omtrent SWAPO bewegings. Daar was 4 inligting spanne. Ons span het bestaan uit 4 Buffels (2 toegerus met Brownings) en 'n Samil 50 Kwevoel. Die bemanning het bestaan uit 'n mediek, sappeur, spoorsnyers en ex-terroriste. My Angola bewegings het my geneem na Xangongo, Cahama, Ongiva en Calueque dam omgewings. Operasie Askari en Robyn was die grootste operasies waaraan ek deelgeneem het. 'n Ander sukses was toe ons SWAPO se "Forward Command Post" verwoes het.


Go BACK to stories