My Story
Story continues..
Name: Chris Van Ginkel
Location: Limpopo
Date: 2009-11-11 11:30:48
Chris Van Ginkel's Story:
Julie '79 inname: 8 SAI, Makker pleeg selfmoord... My Oupa sterf... 'n slegte begin. Elkeen vir homself. Woon in tente in woestynsand. Kniebesering vanweë Bedford-klap wat oopval. Ontbyt bestaan slegs uit olierige brood (die voorste kompanie het al die eiers wat daarop gelê het blykbaar geneem). Eet vanuit alluminium dixies.
Raak aan die slaap tydens kamoefleringsessie- kom eers laat agtermiddag by basis aan- net betyds vir posparade- gelukkig het almal gedink ek kom terug vanaf 'n bos-opvoksessie en was baie simpatiek! Die staandemaglede behandel ons gewoonlik sleg maar ons pas aan en word beter soldate (aan hand van diensplig-intrukteurs) as wat meeste van hul ooit sal wees...
Kantiengeriewe: As jy gelukkig is en energie oor het het om die kms tot daar te stap - Warm koeldrank en gevriesde pasteie!
1980 11 Komdo Inligtingkursus/Reg/Bet/DK Kimberley voel soos hemel op aarde na 8 SAI. Ons eet uit varkpanne en nie meer uit dixies nie en daar is gewoonlik vleis en groente wat goed voorberei is. Kantiengeriewe is van hoë gehalte. Doen die beste op my kursus en word na Pta verplaas om betrokke te wees met die ondersoeke na HSAW navrae, Klagtekantoornavrae en Ministeriële navrae.
1980-1981 Leer HK Eenheid - Pretoria: Hier is die geriewe goed- byna so goed as in Kimberley. Die werk is interessant - 8 SAI se massa awol, 'n tragedie te Genieskool, hondehanteerders wat skietongelukke het met die UZI (statiese slagpen) na opleiding met die RI (FN), ongelukke, selfmoorde, molestering van troepe/perde, welsyns-ondersoekevaluerings ensomeer. Werk saam met senior offisiere (Genl Fourie, Brig Trött, Kol Van Wyk, Kmdt Müller en andere). Doen goeie werk en ontvang die H Lëer Aanprysingsertifikaat vanaf Genl. Constand Viljoen. Voordat ek uitklaar word Genl. Jannie Geldenhuys H Lëer. Ons klaar uit teen einde Junie '81.
Augustus/Oktober 1981: Eerste Grenskamp- Operasie Protea- Inligtingverwerking - USSR betrokkenheid, VSA pleeg verraad.
Desember/Januarie 1982: Tweede Grenskamp- Oshakati HK
Desember/Januarie 1983: Operasie Askari: Ons vermoed 'n minister is 'n mol vir die vyand. Ons voer hom 'n paar winde wat volgens eie interpretasie dit bevestig en Operasie Askari se sukses help verseker deurdat die PLAN / MPLA foutiewe info oor ons beplande optredes het en onkant gevang word.
Verdere plaaslike maandkampe in 1984, 1985, 1986, 1987, 1988 en kwytskelding van een kamp in 1989. Hierdie kampe was frustrerende wag-vir-niks kampe en vir die laaste kamp in 1988 het ek myself uitgeklaar.
Sluit vrywillig aan by Rustenburg Kommando tot en met 1996.
Go BACK to stories