My Story

Story continues..

Name: Jonathan Odendaal
Location: Cape Town
Date: 2009-11-10 23:02:45

Jonathan Odendaal's Story:

Dit is verblydend om te sien dat die webwerf eerstens vir ons NDP'S is en dan vir die PF'S en dan as 'n nagedagte die polisie.My ondervinding van laasgenoemde twee entiteite gedurende die grensoorlog pas nou werklik nie in waar ons as die beste Weermag gesien is nie.Een van my ervarings met 'n sekere peletonsersant (PF en hy het sy derde streep daar gekry en dit was sy eerste patrollie) was net so voor Operasie Rekstok en ons opdrag gekry het van Kmdt. Serfontein dat die hele gebied onder sy beheer vol hinderlae geplaas moet word.In daardie tyd het die R4 sy verskyning onder die PF'S op die grens gemaak en ons parate PF sersant (in die States het hy sy private voertuig militere bruin laat kleur) besluit toe dat hy die R4 op patrollie gaan neem.Om vet op die vuur te gooi is ons "gekit" met 'n paar nuwe diensplig luitenante uit Infanterieskool.Onthou die silhouette waarna gekyk moet word.Eerstens weet die sersant beter as die jong luitenantjie (ons as ervare seksieleiers is dom dienspligtroepe) waar die ruitverwysing is, ook besluit hy om na klaarstaan sy boshoed onder sy ore in te vou en agter sy kop soos 'n gatsby in te vou en dan as verkenner voor ons in enkel gelid te stap met sy R4 en krom magasyne baie prominent.Nodeloos om te se dat as dit nie vir die jong luitenantjie uit Infanterieskool aan die anderkant van die doodsakker was nie was, was ons almal in ons moer, want toe ek gaan sit nadat hy ons tot halt geroep het, toe sit ek op 'n claymor binne hulle Browning se skootsvak.Na die episode was die bobbejaan nie weer saam met ons uit op patrollie nie,en ek kan eerlik nie se of dit sy eie besluit of 'n bevel was nie.Verder na die opbou na Ops Rekstok toe het ons kort kort oor die Grens geneuk in klein operasies waar die PF'S mekaar gevloek het oor swak verkenning en nie die teiken reg lees nie, want daar het ek ook in die terrs se kombuis as stoppergroep beland om 04h00 die oggend a.g.v 'n swak ruitverwysing terwyl die pap nog stoom en die Donkievleis heerlik kook met geen terrie in sig nie, nou vra ek jou,ons was stoppergroep(dankie vir A52 Radio).Wat die Polisie daar by die Withuis op Ombalantu in daardie tyd gedoen het behalwe om by ons te kom suip teen 10sent 'n tot weet net hulle ook hulle pelle van ander basisse wat drank per bottel kom koop het.Kyk ek kla glad nie oor my wedervaringe met hulle nie, maar hulle moet nou wragtig nie kom vertel dat een van hulle Suid-Afrika in gebed kom lei het sodat hier nie anargie was nie.Die 1994 Verkiesing is gehou uitsluitlik a.g.v die dissipline van en die respek vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Dienspligtige, Kommandolid,en Burgermaglid.

 


Go BACK to stories