My Story

Story continues..

Name: LAMPIES LAMPRECHT
Location: Witbank
Date: 2009-10-30 09:27:42

LAMPIES LAMPRECHT's Story:

Die oggend van 6 Januarie 1977 le na 33 jaar nog vars in my gedagtes! Ek gaan Lugmag toe en deel word van my land se trots.Name soos Geff Pratt,Dawie Schoeman,Deon Fulls,en nog vele ander le nog vars in my geheue.Vir net drie maande was ons maats - maar vir ewig sal ons dit onthou - want dit was lekker!

Na basies na SAMS vir OPS-mediese kursus.Oorlede Charlie Weir was ons PTI. MAP Smith die RSM en 'n klomp verwarde 'Kanaries" tussen die 'Pongo's"!!Wat 'n wonderlikke ervaring!

Mark Schwap was die SAAF se trots - niemand kom hom ooit uitstof in die 2,4 nie!! Skouer skuur met net die bestes wat die land ons land op daardie stadium gehad het.

Na basies weer terug na SAAF Gym om reg te maak vir ons eerste iname 'ROWE".Trek bloed - spuit in - plak pleisters - kry jammer en word in 'n mate weer deel van Basies!

Sal nooit vergeet toe Kol Kolbe se sein gedurende Oktober 1976 by ons aankom nie.Myself,Deon Fulls,en Albertus Swann gaan grens toe.UItklaar groet en afskeid neem.Na tien maande is hierdie nuwe broers van jou 'n intergrale deel van my lewe!!

Na Snakey Valley inklaar - roetewyser - Waterkloof - SAAF AIR -Flossie - Grootfontein!!!! Drie maande van die grootste en lekkerste tyd in my lewe.Net ek op my eie, vir die eerste keer in my lewe identiseer ek myself as grootmens met my kammarade.Skouerskuur met Brandweermanne ,Dokters,Offisiere en alles wat die weermag verteenwoordig.Daar was nooit van die gewraakte woord "APPARTHEID" ter sprake nie - nee eerder was ons skouer aan skouer met ons makkers.Die SAKK se manne het ons bederf in die menasie en daar was totale inergrasie nou waaroor nou eintlik die konsternasie!!

Na drie maande terug na die 'STATES" en SAAF GYM!Weer terug by die ou maats en jou meisie. Ek voel nog die adrenalien in die are toe ek haar die eerste keer na vier maande weer sien.

Daardie gevoel sal en kan niemand ooit van my wegneem nie en ek wens ek kon  dit met my kinders deel.Die trots toe ek in my volle 'STEP-OUTS" langs die pad staan en 'hike" huis toe.Ma se gesig toe sy my die eerstekeer weersien,Pa se warm hand wat jou laat verstaan dis nog jou huis die! Ma se kos my honde my bed my kamer en ja Sondag by die kerk met jou 'stepouts"!!My meisiekind se drukkie en soentjie - ONS VIR JOU............!!

Dankie Oom PW dit was lekker en dankie HERE vir U wakende hand,dankie virrie Suiderkruis Tannies,die briewe,die makkers,en ja die maats wat vir ons land gesneuwel het!!

Groetnis

Lampies Lamprecht


Go BACK to stories