WIE EN WAT IS SABOV?
(English Below)

SABOV, ‘n nie-winsgewende, nie-party politieke, nasionale vereniging is onlangs gestig deur gewese NDP’s (Nasionale Dienspligtiges) met die doel om te dien as ‘n tuiste vir die vergete soldate van die voormalige SAW wat betrokke was in die bosoorlog operasioneel sowel as in die RSA.

Alhoewel SABOV gestig is vir die gewese NDP soldate, is voormalige staandemag lede asook lede van die voormalige polisiemagte wat betrokke was in die bosoorlog, welkom om aan te sluit by SABOV as lede.

Die oorlog mag ongewild gewees het in sekere kringe en betreffende sekere aspekte, maar beslis nie die soldate nie. Ons was die elite soldate wat deur lojaliteit, integriteit en toegewydheid sekerlik een van die beste on-konvensionele weermagte in die wêreld beleërd het. So laat ons, die sogenaamde “boetmanne”, die stilswye van die afgelope 23 jaar verbreek, deur te verenig in kameraderie en die erkening, respek en waardering wat ons as die oorwinnaars toekom, ons eie te maak.

Die doel van SABOV, naamlik om die behoeftes en belange van die gewese SAW soldate te bevorder, sal hoofsaaklik deur die volgende aksies bereik word:

  1. Om as ‘n platform dien waardeur die unieke identiteit van die soldate erken, waardeer en gevestig sal word. Daar sal op ‘n jaarlikse basis hulde gebring word aan ons gevalle makkers wat die hoogste prys moes betaal het, naamlik hul lewens.  Ons is dit aan hulle verskuldig!
  2. Om ‘n kommunikasie kanaal daar te stel wat die soldate die geleentheid sal bied om hul verhaal van die bosoorlog te vertel.
  3. Om as ‘n nasionale spreekbuis op te tree vir alle sake rakende die soldate.
  4. Om ‘n positiewe en opbouende beeld van die soldate uit te dra na buite. Enige ongegronde negatiewe en afbrekende kritiek teenoor die gewese soldate wat wetlik verplig was om diens te doen, sal nie geduld word nie. Die verskeie suksesvolle oorgrens operasies waarin die NDP’s ‘n groot rol gespeel het, sal ook op ‘n jaarlikse basis herdenk word.
  5. Om die geestelike, emosionele, fisiese en kulturele welstand van die soldate te bevorder.  Hulle selfvertroue en unieke identiteit te verryk as hul trotse erfdeel.

Graag wil ons 'n vriendelike beroep doen op alle gewese SAW soldate om aan te sluit by SABOV aangesien die vereniging geen bestaansreg het nie sonder u as lede. As 'n gewese soldaat, behoort SABOV aan u. 

Opbouende voorstelle, idees en kommentaar betreffende SABOV kan gestuur word aan ons deur te klik op die  "Kontak Ons" fasiliteit hieronder.

By voorbaat dankie

Robert de Vries

SABOV Voorsitter

Magsnommer: 76479989 BG

Nasionale Diensplig: 1982 te Infanterie Skool (Oudtshoorn) en 1983 operasioneel saam met 1SAKK Bn as 'n peleton bevelvoerder

  "Kontak Ons"      of    "Teken / Kyk na die Gasteboek"

 

WHO AND WHAT IS SABOV?

SABOV, a non-profit, non-political national organization was recently founded by former NSM (National Servicemen) for the purpose of serving as a home for all the forgotten SADF soldiers, who were involved in the bush war, operational as well as in the RSA.
 

Although SABOV was founded for the former NSM soldiers, former permanent force members and members of the former police forces are welcome to join SABOV as members. 

The war might have been unpopular in some circles and concerning certain aspects, but definitely not the soldiers. We were the elite soldiers, who through loyalty, commitment and dedication made up, without a doubt, one of the best unconventional armies in the world. So let us, the so called “boetmanne”, break the silence of the past 23 years by uniting in camaraderie, claiming the respect, recognition and appreciation that's rightfully ours, as the winners. 
 

The purpose of SABOV, namely to promote the needs and interests of the former soldiers, will mainly be realised by means of the following actions:

  1. To serve as a platform through which the unique identity of the soldiers are recognised, appreciated and established. Our fallen heroes who paid the highest price, namely their lives will be commemorated on a yearly basis. We owe it to them.
  2. To create channels of communication, allowing the Border War Veterans to share their sides of the story, regarding their lives as SADF soldiers.
  3. To act as a public spokesperson on behalf of the former soldiers.
  4. To create a new identity for the soldiers, and the roles they played in serving their country as part of their compulsory and lawful duty.  Unnecessary and uncalled-for discrimination will not be tolerated.  For example, the many successful cross border operations in which the NSM played a major role will be commemorated on a yearly basis.
  5. To promote the emotional, mental, physical and cultural wellbeing of the soldiers, develop their self-confidence, their unique identity, and to enrich their lives and proud heritage.

We kindly request all former soldiers of the former SADF to join SABOV as the association will have no right of existence without your membership. As a former soldier, SABOV belongs to you.

Constructive suggestions, ideas and comments concerning SABOV may be forwarded to us to us by clicking on the "Contact Us" facility hereunder.

Thank you in advance

Robert de Vries

SABOV Chairperson

Force Number: 76479989 BG

National Service: 1982 at Infantry School (Oudtshoorn) and 1983 operational with 1SAKK Bn as a platoon commander

"Contact Us"    or    "Please Sign / View the Guestbook"