Guestbook
Sign The Guestbook |
| << Prev | ||
| Callie van Niekerk Kempton Park 2009-08-04 14:15:13 |
Tydens my vorige besoek aan die 'guestbook' het ek gemeld dat ek op soek is na PJ Swanepoel maar dit is eintlik PA Swanepoel. Ek het dan ook meer inligting rondom sy eenheid bekom. Hy was verbonde aan 2SAI BN gedurende sy diensplig. Soos genoem het Pieter die Honoris Crux Silwer gekry vir dapperheid gedurende 1975. Die storie kan op die volgende webblad gelees word: samagte.freewebpages.org/hc/bravery.html . Indien enige persoon weet waar hy hom bevind, plaas dit asb op hierdie webblad. |
|
| Brian James Port Elizabeth 2009-08-02 10:35:49 |
I was in 1 SAI in the years 1979 - 1980 and was involved in Operation Sceptic/ Smokeshell on 10 June 1980. We were based at 61 Mech Battalion and my section's call sign was 22B. I will never ever Forget
|
|
| Deon Kleynhans South Africa 2009-07-30 19:24:43 |
Sarel du Plessis, van Kroonstad kontak my asb by 0839855215 of 035 7726364. |
|
| Paul Louw George 2009-07-29 22:27:18 |
Ogilvie, dankie vir die herinneringe en die webtuiste. Ek was trots op dit waarvan ons deel was. Ek dink nog elke dag van my lewe aan 12 gesnewelde makkers en hul families. Mag hierdie geleentheid berusting bring vir die wat dit nodig het en ander inspireer tot groter doelwitte, hoogtes en eenheid. Een Drag Maak Mag ! |
|
| Bert Olivier Port Elizabeth 2009-07-29 13:11:42 |
Was in Angola ( Libeto) 1977 |
|
| Callie van Niekerk Kempton Park 2009-07-29 09:54:57 |
Ek is op soek na 'n persoon met die naam van Pieter Swanepoel (PJ Swanepoel). Ons het saam geswot van 1976 tot 1978. Piet was 'n pantserkar (Eland 90) bevelvoerder op die grens en in Angola gedurende 1975 . Hy het dan ook in die tydperk 'n Honourus Crux verdien vir dapperheid. Die laaste keer wat ek van hom gehoor het was hy in Bellville en sou graag weer met hom wil kontak maak. |
|
| Flip Badenhorst Wildernis 2009-07-28 13:41:59 |
BELANGRIKE NUUS VIR ALLE BOSOORLOGVETERANE: 'n Gedenkmuur word by die Voortrekkermonunument opgerig, waarop die name van al die gesneuweldes in die Bosoorlog sal verskyn. In die 'Freedom Park' verskyn slegs die name van ANC's en Kubane. Bydraes aan VTM Lopende Rekening, ABSA 632005, Rekeningnommer 1500 168 990. Faks bewys van betaling na 086 615 9587, merk 'SAW Gedenkmuur'. Navrae/ name aan : Ondersteun asseblief hierdie saak wat vir ons almal na aan die hart is!
|
|
| Deon Kleynhans Empangeni 2009-07-24 18:43:09 |
Hello ou Sarel.Ek het gewonder wat van jou geword het.Gaan baie goed.Ek het gehoop dat jy op my boodskap sal reageer. |
|
| Hannes Roodt Kempton Park 2009-07-23 08:52:22 |
Goeie dag almal. Ek lees getrou die inskrywings op hierdie website. Dit is lekker om te sien die ding groei. Wat egter 'n mens bekommerd maak is dat ons generasie, die 35+ manne, is die laaste weerbare generasie in Suid-Afrika. Hierdie website is beslis ook daar vir baie manne om closure te kry oor gebeure in die bosoorlog. Ek het sopas eerstehands te doen gehad met so 'n gebeurtenis. Ek sal die storie vertel op "My story", en ek glo Theron van Tsumeb sal my vergewe as ek sy storie vertel. Gaan lees dit gerus |
|
| Gert Minnaar Randburg 2009-07-22 23:02:35 |
SKOUERSKUUR VIR 61 MEG VETERANE OP 30 JULIE TE CENTURION Baie geluk met die ledetal van hierdie website wat so goed groei. Die 61 Meg veterane wat lede is by SABOV , word genooi na 'n skouerskuur op 30 Julie vanaf 16h00 by die Casa Mia bomgat te Everden House in Centurion te kom bywoon.
Ons sal foto's wys van die 61 Meg Veterane se eerste geskiedkundige Angola ekspedisie wat pas ten einde geloop het. Padaanwysings en verdere inligting by www.61Mech.org.za |
|
| Danie Terblanche Black Rock Northern Cape 2009-07-21 17:45:39 |
Was in 1977 en 1987 op Katima Mulilo in die Caprivi |
|
| Andre van Rensburg Kempton Park 2009-07-21 15:57:42 |
Lekker om al die "pos" te lees. Laat jou voel soos posparade as jy uit die bos kom. Ek wonder waar is die manne van Inf Skool, Bravo Komp Pl 7 - 1979. Wat het van Kpl's Izak Visagie en vd Westhuizen geword? Lt Leon du Toit waar is jy in die lewe? Kom ouens praat met mekaar. Ek glo julle het lekker nuus om te vertel. Hannes Roodt van Kempton Park leef jy nog? Groete |
|
| DANA VOLSCHENK Kaapstad 2009-07-20 17:03:41 |
Hi aan al ons makkers wat deel was van die Bosoorlog!! Dis lekker om die stories weer so te lees en julle entoesiasme te ervaar. Ek het begin om TOERE te reel na al die Grens basise. By almal van ons spook dit maar nog steeds hier binne in jou en dit sal nie rus voordat jy weer daar vêr op die grens gaan besoek aflê nie. Kom, wys jou geliefde vrou of kinders waar Pa hom destyds bevind het!! Kliek net op die "News" tab hierbo en lees alles oor ons "Bosoorlog Toere"!!! |
|
| Sarel du Plessis Kroonstad 2009-07-20 16:03:20 |
Dagse al die 4 SAI manne van 1980/1981. Sien Deon Kleynhans het al sy boodskap gelos. Deon, hoe gaan dit nog pel?? |
|
| Ariƫl Hugo Caledon 2009-07-20 14:26:23 |
Dit is lekker om te sien hoe die site van krag tot krag gaan. Doen so voort!! Net weer 'n versoek aan alle oud 61'ers om ons website by www.61mech.org.za te besoek. Dinge is aan die gebeur op die members site. Ons nodig julle inskrywings om gestalte aan die bewaring van ons eenheid se geskiedenis te gee. 'n Klompie van ons het onlangs uit Angola teruggekeer na 'n lekker toer na al die 61 slagvelde. Meggroete, Ariël Hugo, Sameroeper 61 Meg veterane
|
|
| Hennie Dreyer Rustenburg 2009-07-20 11:27:16 |
Het gisteraand 'n oproep ontvang van Faan Oldewage. Dit was lekker om die eerste oproep te kry van doer uit die verlede uit!!! Die Berede manne van 1975/76, of jy nou in die Rykuns kant of Taktiese kant was, laat weet sodat ons 'n bymekaarkoms kan reel! Sal rerig lekker wees om al die skutters, onder Offisiere en Offisiere weer bymekaar te sien!! Hierdie keer gaan ons nie weer dril, wagstaan en patrollie ry nie - eerder rustig kuier en stories deel. My sel: 0733328991 |
|
| Mark de Villiers Alberton 2009-07-18 20:11:15 |
The orginisers behind this wall they have now put up need to remember one thing, all young conscripted soldiers aged from 17 upwards in the bush war didn't have much of a choice but to fight and die or face a lengthy prison term, and we are not part of this history, man then I dont want to be part of the future. This just goes to show that the government is shit scared of the ex bush soldier and specifically white males whom served in the armed forces during the apartheid era. So let the black comrades have there wall. It actually means nothing as our enemy will be named on that wall, and this will only hold meaning to them anyway. So do not shead a tear as we shed our tears for our fallen brothers during the war, our wall of rememberance will be in our heads for ever and ever, God bless the fallen soldier many his soul rest in peace. |
|
| Roelof Vorster 2009-07-17 16:03:16 |
Ek het in Feb \\\'88 ingeklaar - die laaste intake wat 2 jaar verpligte diensplig gedoen het. My eerste jaar in Pantserskool, Bfn en my tweede jaar afgedeelde diens na 61 Meg, Oshivello. Gelukkig / ongelukkig geen kontak gehad nie. Met die April \\\'89 insypeling van SWAPO oor die grens, is die hele 61 ontplooi, behalwe ons tenkers en die Langlope. Ons was ook deel van die ontrekking van die Weermag uit Suid-Wes nadat Resolusie 435 aanvaar was. Wast \\\'n jammerte om alles (behalwe jou herhinneringe) net so agter te laat!!! Dink in heimwee aan diebare vriende Hendrik Kleynhans, Muller Meiring en Lt Nel wat hul lewens verloor het terwyl ek in die army was. ONS VIR JOU!!!
|
|
| Hennie Dreyer Rustenburg 2009-07-10 11:27:32 |
Al die ou Berede Manne van 1975/76: Waar is julle? Ek raak al te oud om al die name te onthou: Corrie Schoon, "Piglet" Marx, "Dutchie", Douw, "Steinie" Steinhobel, ens. ens. Manne, ons moet bymekaar kom oor 'n braai en die herinneringe laat vloei oor 'n drink dingetjie? Onthou julle nog vir Tommie, wie se perd Meisie die landmyn afgetrap het? 'n Gevalle makker, en sal altyd onthou word! My sel: 0733328991 |
|
| Deon Rautenbach Johanesburg 2009-07-09 16:57:35 |
Hi there to all.I met and trained troops in the Sappers and enjoyed every one of them because they were all individuals but through training we became one. i was PF from 1982 to 1988 and they were the best days of my life and my now foundation was formed then. Was in Kroonstad (Bossiespruit)and Bethlehem (piet se gat - 22 field). Was in opps Hooper And Modular. would like to hear from all that knew me. |
|